Houtkapper bied skietdag vir vroue aan
SECUNDA – Die plaaslikte tak van die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging, Houtkapper, bied op 9 Augustus ’n skietdag vir vroue aan.
Dié dag word ter viering van Vroudag gehou en alle vroue is welkom.
Daar sal vuurwapens wees vir die vroue wat nie hul eie het nie en elke vrou sal ook ’n geskenkie ontvang.
Die mans gaan die middag ’n geleentheid kry om aan die skietdag deel te neem en daar gaan ook eetgoed te koop wees.
Vir meer inligting, skakel me. Lynica Meyer by 082 464 4037 of stuur ’n e-pos na lynica@sajwv-houtkapper.co.za.