Motorfietsryers besoek Plaaskerk
BETHAL – Die CMA-motorfietsryers van Mpumalanga besoek die Plaaskerk op Sondag, 15 Maart.
Past. Jackie van Dyk gaan die diens waarneem.
Die kerk nooi Bethallers en ander motorfietsryers om deel van die dag te wees.
Daar gaan ook verversings te koop wees.
“Kom geniet die dag saam met die lidmate,” het me. Michelle Viljoen, lidmaat, gesê.
Vir meer inligting, skakel me. Viljoen by 060 491 7038.