SANBD promosiekliniek
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloedoortappingsdiens (SANBD) Ermelo in samewerking met Tiger Wheel en Tyre (TWT) bied op 28 Maart van 09:00 tot 13:00 ‘n promosiekliniek op die TWT-perseel aan.
Skenkers sal elk ‘n koeldrank en worsbroodjie ontvang.
TWT bied ook aan elke skenker ‘n gratis bandrotering op hul voertuie met 20% korting op wielbalansering.
Vir meer inligting, skakel Marion Louw (SANBD) by 017 811 2631.