Kobus sterf in ongeluk
Mnr. Le Roux is deur die regterkantste ruit geslinger en is aan hoofbeserings dood.

BETHAL – Mnr. Kobus le Roux is op 1 November in ’n motorongeluk net buite Bethal op die Hendrinapad dood.
Hy was omstreeks 3.30nm op pad terug dorp toe vanaf die plaas Eerstegeluk, toe hy beheer oor sy bakkie verloor het en dit gerol het.
Mnr. Le Roux is deur die regterkantste ruit geslinger en is opslag dood weens hoofbeserings.
Sy vrou, me. Corrie le Roux, het gesê dat hy die laaste twee en ’n half maande sieklik was, maar veral die oggend van sy dood.
Hy het op 16 Augustus ’n drie-dubbele hartomleining gehad.
Sy begrafnis was Donderdag, 7 November vanuit die Hervormde Kerk op Bethal onder leiding van dr. Hannes Beukes.
Hy laat sy vrou, sy seun Jacques, dogter Elaine, drie broers en drie susters na.
Mnr. Le Roux was ’n sakeman wat in vennootskap was met mnr. Anton de Jager en het Palm Motors bedryf.