Local newsNewsSport

Bears en Bulldogs speel gelykop

Vir die Bethal-spelers was die uitdaging net so groot en hulle kon ook net 112 lopies op die telbord sit.

BETHAL – Die Bethal Bears Krieketklub en die Bulldogs Krieketklub het Saterdag, 23 November teen mekaar te staan gekom en die wedstryd gelykop gespeel.

Bethal se kaptein, George Plowman, het die loot gewen en besluit om die Bulldogs in te stuur om eerste op ’n moeilike blad te kolf.

Die Bulldogs kon net 112 lopies aanteken.

Vir die Bethal-spelers was die uitdaging net so groot en kon ook net 112 lopies op die telbord sit.

Bethal se beste kolwer was George Plowman met 51 lopies en hul beste boulers was Lungelo Mtshali met 3/22 in sewe beurte en Liam Korf met 1/15 in vyf beurte.

Bethal kom dié naweek teen Middelburg 2 te staan.

Vir meer inligting, skakel Neil Parsons by 082 856 1027.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button