NewsSchools

Leerlinge groet skool

Gemeenskap help om seniors se afskeid spesiaal te maak.

SECUNDA – Marietjie Skool het Donderdag, 14 November ’n seniorafskeid vir die sewe leerlinge wat vanjaar dié skool verlaat, aangebied.

Die meeste leerlinge van Marietjie Skool kan nie klere vir formele geleenthede bekostig nie en dié skool maak dus op die gemeenskap staat om dié leerlinge te help om hul afskeid spesiaal te maak.

Die personeel van Marietjie Skool het almal wat gehelp het om dié aand vir die leerlinge onvergeetlik te maak deur hul bydrae, bedank.

Die aand het met ’n rit in ’n Porche afgeskop en die leerlinge is toe met ’n driegangmaaltyd bederf.

Na afloop van die ete het hulle gedans en die geleentheid gehad om hul foto’s te laat neem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button