CrimeLocal newsNews

Honde vergiftig

Mense kry hondjies dood in erf.

SECUNDA – Mense het onlangs ’n inwoner in Jutastraat se drie Yorkshire terriërs vergiftig.

Volgens dié inwoner, slaap die drie hondjies in die huis, maar hulle het ’n klein deurtjie spesiaal vir die hondjies as hulle snags wil uitgaan.

Sy en haar man het vroeg die oggend gesien daar is iets fout met die een hondjie en het toe na buite gegaan om die ander twee te soek.

Hulle het die ander twee hondjies dood in die agterplaas aangetref.

“Ons het maalvleis met gif in in ons agterplaas gekry,” het sy gesê.

Hulle het die een oorlewende hondjie na die veearts gehaas, maar hy het op pad daarheen reeds stuiptrekkings begin kry en is by die veearts dood.

“Hulle moes ons huis dopgehou het, want hulle het die gif beslis van agter af oor ons muur gegooi,” het die inwoner gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button