Local newsNews

Twee sterf in vloed

’n 11-jarige dogter het die ongeluk oorleef en is deur reddingswerkers uit ’n boom uit die water gehaal.

BETHAL – ’n Man en vrou het verdrink nadat hulle in ’n botsing met ’n polisievoertuig was en met hul voertuig in Blesbokspruit beland het.

’n 11-jarige dogter het die ongeluk oorleef en is deur reddingswerkers uit ’n boom uit die water gehaal.

Nóg vier mans het ook uit die voertuig ontsnap.

Die ongeluk het op Dinsdag, 3 Desember, omstreeks 2nm sowat 10km vanaf Bethal op die Standertonpad plaasgevind.

Mnr. Hennie Olivier, stasiebevelvoerder van die Bethal Brandweerdienste, het tydens die voorval met ’n opblaasboot in die spruit ingegaan om na die vermistes te soek.

’n Sterk stroom het egter die soektog vertraag en lede van die duikeenheid van Middelburg Polisie is later ontbied, maar hulle kon ook nie die voertuig of insittendes opspoor nie.

Die betrokke reddingswerkers het die volgende dag weer na die toneel teruggekeer om verder te soek en het die lyk van ’n man gevind.

’n Verdere soektog vir die vermiste vrou het niks opgelewer nie.

Die watervlak het op 5 Desember gedaal en die bakkie is bykans 300m vanaf die pad in die spruit gevind.

Duikers het die voertuig deursoek, maar geen tekens van die vrou gekry nie.

Aangrensende plaaswerkers het ID-boekies en klere wat etlike kilometers van die ingangspunt is, in die spruit gekry wat later aan die polisie oorhandig is.

Die duikspan het later na die toneel teruggekeer waartydens hulle die vrou se liggaam gevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button