Local newsLocal sportNewsSport

Thys swaai die septer

Hy was ook by die Serengeti Gholf-akademie ingeskakel waartydens sy oggend, middag- en aandete volgens hom gholf was.

BETHAL – Thys Swart (21), lid van Walker Park Gholfklub, is tydens hul jaarlikse prysuitdeling as Ligaspeler van die Jaar aangewys.

Swart het op 9-jarige ouderdom begin gholf speel toe sy oeurs tydens ’n vakansie op Amanzintoti vir hom ’n gholfstok gekoop het.

Van dag een af het hy die strand as ’n skoonveld beskou en balle begin rondslaan.

Aan die einde van dié vakansie, het hulle teruggekeer vanwaar die parkie naby sy ouerhuis, die nuwe oefenveld geword het.

Op 12 het sy ouers besluit om vir hom ’n volledige stel te koop en hy het sy talent en passie vir gholf begin uitleef.

Hy het kort daarna by mnr. Henry Brooks op Kinross begin afrigting kry.

In sy hoërskoolloopbaan het hy verskeie buitemuurse mylpale behaal wat onder meer, wenner van nege opes insluit.

Hy het vanjaar ook die Kriel Ope en Club Champs gewen.

Swart het al op soveel as 60 bane in Suid-afrika gespeel en het gesê dat Sun City- en Serengeti Gholfbane van sy gunsteling is.

Arabella Gholfbaan is volgens hom een van die moeilikste bane omdat hy nog nooit daar gespeel het wat die weer saamgespeel het nie.

Swart was al ’n lid by Bethal Gholfklub, Graceland Gholfklub en tans is hy by Walker Park Gholfklub.

Wanneer hy nie sy tyd op die gholfbaan deurbring nie, is hy ’n venoot in ’n familiebesigheid op die dorp.

Hy het egter gesê dat gholf mens so nou en dan van alles kan laat vergeet, wat op tye goeie ontspanning verskaf.

Swart se hoogte- en laagtepunte van sy gholfloopbaan is toe hy by die kwalifisering vir die Suid-Afrikaanse Ope teen bykans 150 teenstanders meegeding en die afnsypunt met twee houe gemis het.

Slegs die top vyf spelers het deurgedring.

Indien hy dit oor kon doen, het hy gesê dat hy beter geestelike voorbereiding sou doen.

Hy was ook by die Serengeti Gholf-akademie ingeskakel waartydens sy oggend, middag- en aandete volgens hom gholf was.

Sy gunsteling gholfspeler is Charl Schwartzel weens sy uitstaande kortspel.

Swart het gesê dat hy baie aan sy spel werk, maar dat sy sterkpunt ook soos Schwartzel s’n sy kortspel is.

Sy huidige voorgee is +2.

Hy het gesê dat amateurs wat net begin gholf speel, nie te veel tyd op die dryfbaan moet bestee nie en eerder meer tyd aan hul kortspel bestee.

“Vir elke uur wat iemand op die dryfbaan is, moet hy ten minste twee ure op ’n setperk aan sy kortspel oefen.”

Voor groot toernooie staan Swart ten minste ’n maand vir harde oefening af om die baan gewoond te raak.

Hy het gesê dat hy geen snaakse gewoontes het nie en dat hy net goed voorbereid op die baan uitstap.

“Gholf is ’n ‘gentleman’s game’.

“Dit is ’n sport waar jy ongeag van jou ouderdom en jou vaardighede, met die bestes, danksy spelers se voorgee’s kan meeding.

“Dit is ook ’n sport wat jou in staat stel om terwyl jy met jou teenstander kompeteer, hom beter kan leer ken en sodoende in die proses vriende maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button