Ondersteun sopkombuis
Hengelaars betaal R100 toegang en kan vanaf 6vm begin lyne natmaak.
BETHAL – Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die visstokke rondom mnr. Dewald te Water se dam staan en hengelaars ’n kans staan om groot pryse te wen.
Die Boltons-hengelprojek is ’n jaarlikse inisiatief wat ten bate van Bethal se Sopkombuis begin is.
Die projek beleef jaarlikse groei en op 18 Januarie is dit weer eens hengeltyd.
Hengelaars betaal R100 toegang en kan vanaf 6vm begin lyne natmaak.
Verskeie pryse kan gewen word en daar sal ook ’n veiling gehou word waartydens op verskeie items gebie kan word.
Mnr. Te Water het gesê dat mense welkom is om die geleentheid by te woon en ook groot pryse huis toe kan neem terwyl hulle in die proses minderbevoorregtes se nood verlig.
Vir rigtingaanwysings of meer inligting, skakel mnr. Te Water by 082 388 0082.