Local newsNews

Bonsaiklub skop jaar af

Bonsaiklub gesels oor bonsais by kwekery.

SECUNDA – Lede van die plaaslike Bonsaiklub het hul jaar afgeskop met hul eerste vergadering op Saterdag, 11 Januarie.

Dit was nie ’n amptelike vergadering nie en hulle het mense wat by die plaaslike kwekery waar hulle vergader het, bewus gemaak van hul klub en wat hulle doen.

Hulle het ook ’n uitstalling met bonsaiboompies, boeke en gereedskap wat vir bonsais gebruik word, aangebied.

Lede van die klub het mense met hul bome gehelp en raad gegee.

Dié bonsaiklub vergader weer op 8 Februarie om 10vm by Garden Terrace Kwekery.

Hulle gaan dan oor “wiring” praat en hoe om ’n boom te kies wat as bonsai geskik sal wees.

Vir meer inligting, skakel mnr. Chris van de Vyver by 074 571 3318.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button