Fotogafieklub skop jaar af
Martilie se foto, Pouring, is die beste by fotografieklub.

SECUNDA – Die Hoëveldse Fotografieklub het hul jaar met hul eerste byeenkoms op Vrydag, 10 Januarie afgeskop en me. Martilie Weideman het die wenfoto geneem.
Sy het die beste foto, Pouring, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling ingeskryf.
In die veranderde realiteitsafdeling het mnr. James Harris gewen met sy foto Warrior.
In die natuurvoëlsafdeling het mnr. Morkel Erasmus die beste foto onder die 4 ster fotograwe geneem en gewen met sy foto Leaving Home.
Mnr. Danie Smit het die beste foto onder die 3 ster fotograwe in dieselfde afdeling geneem naamlik Blue Crane en mnr. Hanno de Beer was die wenner onder die 2 ster fotograwe met sy foto Rooi Wewer.
In die landskapafdeling was mnr. Pierre Jordaan die wenner onder die 5 ster fotograwe met sy foto Sonsopkoms by Jongensfontein en mnr. Smit was die wenner onder die 3 ster fotograwe in dieselfde afdeling met sy foto Broadwalk.
Mnr. De Beer was die wenner onder die 2 ster fotograwe in dieselfde afdeling met sy foto Sanlameer Sunrise en mnr. Schalk Coetzee was die wenner onder die 1 ster fotograwe met sy foto Shingwedzi Dagbreek.
In die natuurafdeling was dr. Leon Pelser die wenner onder die 5 ster fotograwe met sy foto God’s Artistry en me. Ane Jordaan was die wenner onder die 3 ster fotograwe met haar foto Stokstertmeerkat.
Mnr. Hannes Griessel was die wenner onder die 2 ster fotograwe in dieselfde afdeling met sy foto Nat Apie en me. Chanique Nel was die wenner onder die 1 ster fotograwe met haar foto Gesig na die Son.
In die pikturale afdeling het me. Lize Hill die beste foto onder die 5 ster fotograwe geneem en gewen met haar foto Calm en mnr. Jaco Linde was die wenner onder die 3 ster fotograwe in dieselfde afdeling met sy foto Fire Fighting Exercise.
Mnr. Koos Janse van Vuuren was die wenner onder die 2 ster fotograwe met sy foto Spinnekop op Houtstomp en me. Nel was die wenner onder die 1 ster fotograwe met haar foto Tired Puppy.
In die fotojoernalistieke afdeling het mnr. Thinus Erasmus die beste foto onder die 4 ster fotograwe geneem en gewen met sy foto Running on Water.
Me. Hester Griessel was die wenner in dieselfde afdeling onder die 3 ster fotograwe met haar foto Vissermanshande en me. Jackie Minnie was die wenner onder die 2 ster fotograwe met haar foto Watching the Fire.
Die fotografieklub vergader weer op 7 Februarie om 6.30nm in Sasol Rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.
Hulle bied volgende jaar vanaf 20 tot 23 Maart ’n fotokongres by Lake Umuzi aan en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Verskeie professionele fotograwe gaan werkswinkels aanbied en inligtingssessies gee.
Vir kostes en meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.