SECUNDA – Hoërskool Secunda se A-skaakspan was die beste hoërskool en het ’n wisseltrofee gewen tydens ’n skaakdag wat Sasol op 18 Januarie by Graceland Casino aangebied het.
Laerskool Kruinpark was die beste laerskool en het ook ’n wisseltrofee gewen en Laerskool Oranjegloed Primary School het goue medaljes verower vir die beste 0/11- en 0/13-ontwikkelingskaakspanne.
Marlou Pieterse was die beste hoërskoolskaakspeler onder die seuns en het ’n kontantprys gewen en Megan le Cruz was die beste hoërskoolskaakspeler onder die dogters en het ook ’n kontantprys gekry.
Isibanisesizwe Primary School het ’n goue medalje verower vir die beste 0/9-ontwikkelingskaakspan.
Me. Stephanie Pretorius het R3 000 en geskenkbewyse gewen vir die beste onderwyserlesplan ingehandig.
Juan Kotze het ’n kontantprys vir die kompetisie waar deelnemers soos skaakstukke moes aantrek, gewen.



