Fotoklub hou byeenkoms
Fotografieklub bied kongres op Secunda aan.
SECUNDA – Die Hoëveld Fotografieklub het Vrydag, 7 Februarie hul maandleikse byeenkoms aasngebied en me. Martilie Weideman het die wenfoto, Firemen, geneem.
Die ander wenners was mnr. James Harris met sy foto, Helping Hand, in die veranderde realiteitsafdeling onder die 5 ster fotograwe, me. Weideman met haar foto, Struggling, in die natuurvoëlafdeling onder die 5 ster fotograwe, mnr. Danie Smit met sy foto, Rietduiker, in dieselfde afdeling onder die 3 ster fotograwe en mnr. Encee van Huyssteen met sy foto, What do you Want, in dieselfde afdeling onder die 2 ster fotograwe.
Die wenners in die landskapafdeling was dr. Leon Pelser onder die 5 ster fotograwe met sy, foto Sunset on Farm, mnr. Smit met sy foto, Môrester, onder die 3 ster fotograwe en mnr. JR Coetzer met sy foto, First Morning, onder die 1 ster fotograwe.
Die wenners in die natuurafdeling was mnr. Cobus Venter met sy foto, Grasgroen, onder die 4 ster fotograwe, me. Sophie Hugo met haar foto, Gogga 55, onder die 3 ster fotograwe en mnr. Hanno de Beer met sy foto, Funky Monkey Staredown, onder die 2 ster fotograwe.
Die wenners in die pikturale afdeling was me. Thea Erasmus met haar foto, Gillian, onder die 4 ster fotograwe, mnr. Smit met sy foto, Spookstories, onder die 3 ster fotograwe, me. Tharina van Schaklkwyk met haar foto, Genana, onder die 2 ster fotograwe en me. Chanique Nel met haar foto, Slak, onder die 1 ster fotograwe.
Die wenners in die fotojoernalistieke afdeling was dr. Pelser met sy foto, Dandelion, onder die 5 ster fotograwe en mnr. Koos Janse van Vuuren met sy foto, Colour Festival Menlyn Park, onder die 2 ster fotograwe.
Hoëveld Fotografieklub bied vanaf 20 tot 23 Maart ’n fotografiekongres by Lake Umuzi aan.
Van die beste fotograwe in Suid-Afrika gaan kongresgangers toespreeek en dit is ’n geleentheid om jou kennis in fotografie te verbeter.
Van die sprekers sluit in Jill Sneesby, Barry Wilkins, Manus van Dyk, Johan Marais, Francois Roux, Reg en Amy Ansell en Frank en Cathy Smith.
Kongresgangers gaan ook baie geleenthede hê om foto’s te neem wat onder andere insluit ’n vertoning van Sasol Brandweer.
Koste vir die kongres is R700.
Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.



