Local newsNews

Bloeddiens se skenkerskomitee benodig lede

Help die bloeddiens en dien op skenkerskomitee op Secunda.

SECUNDA – Die Teksa-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) benodig aktiewe skenkers in die gebied om op die plaaslike skenkerskomitee te dien.

Die doel van dié komitees is om nuwe skenkers te werf en hulle speel ’n belangrike rol in die SANBS se bedryfsstrukture en is werksaam in gebiede wat vir markpenetrasie en skenkerretensie-aktiwiteite geskik is.

Hulle bemark onder skenkers, voornemende skenkers en die publiek om ’n groep ingeligte en gemotiveerde skenkers te vestig wat genoeg veilige bloed kan voorsien.

Dié lede moet ’n ondersteunende verhoudig met die tak- en sonebestuurder hê, vrywillig help by bloedskenkklinieke en help met die organisering van nuwe klinieke.

Ander dinge wat van ’n komiteelid verwag word, is om probleme in verband met skenkersverhoudings na vore te bring, bloedinsamelingsaktiwiteite te verbeter en onder die aandag van tak- en sonebestuurders te bring, as gassprekers by funksies op te tree wat medaljeplegtighede insluit en om goeie verhoudings met moontlike skenkers te handhaaf.

Vir meer inligting, skakel me. Dot Prinsloo by 017 631 6606 of stuur ’n e-pos na Dorothy.Prinsloo@sanbs.org.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button