EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe kan kongres bywoon

Bekende fotograwe sal by kongres op Secunda wees.

SECUNDA – Die Hoëveld Fotografieklub bied vanaf 20 tot 23 Maart die Mpumalanga Streekkongres by Lake Umuzi aan.

Dié kongres beloof om van die land se voorste fotograwe as sprekers te hê en fotograwe sal baie by dié kongres kan leer.

Belangstellendes kan Donderdag, 20 Maart registreer en die kongres skop Donderdagaand met ’n braai by Boesies Restaurant by Lake Umuzi af.

Die tweede dag begin om 6vm met vrye tyd om foto’s van die sonsopkoms te neem en word gevolg met sprekers wat bekende fotograwe soos Jill Sneesby, Barry Wilkins, Manus van Dyk en Johan Marais, insluit.

Fotograwe sal ook op dié dag foto’s by Sasol se brandweerafdeling kan neem.

Die sprekers op die derde dag is Francois Rouch, Reg en Amy Ansell, en Frank en Cathy Smith.

Die kongres sal die Sondag met ’n prysuitdeling afgesluit word en daar sal ook ’n kerkdiens wees.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button