Local newsNews

CMR praat oor dwelms

CMR nooi alle ouers en onderwysers na werkswinkel.

SECUNDA – Die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) bied vanaf 7 tot 9 Maart ’n werkswinkel aan waar Jath van der Westhuizen met leerlinge en onderwysers oor dwelms en afknouery by skole gaan praat.

Van der Westhuizen is die direkteur van Eduteenz en Gripp Produksies.

Hy is ’n opgeleide maatskaplike werker en pastoor en bied opleiding aan.

Hy het al verskeie boeke oor dwelmmisbruik, seksuele misbruik en mensehandel die lig laat sien.

Van der Westhuizen gaan Vrydag die skole besoek en Vrydagand gaan hy op Bethal se jeug fokus.

Hy gaan Sagterdagoggend ’n werkswinkel vir ouers, leiers in die gemeenskap, onderwysers, beraders, sielkundiges, predikers of enige persoon wat homself wil toerus en meer oor die onderwerp dwelmafhanklikheid wil weet, aanbied.

Van der Westhuizen waarborg dat hy die nuutste inligting asook navorsing sal deurgee en die koste is R450 per persoon.

Hy gaan Sondagoggend by die A.G.S. Kerk Enteos-gemeente op ’n pastorale vlak met ouers en die jeug praat.

Past. Alex Oosthuizen is die skakelpersoon vir Vrydagaand.

Skakel hom by 079 499 7231 of om jou plek vir die werkswinkel te bespreek, skakel die CMR by 072 426 8327.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button