Honger honde van eienaar verwyder
Toe sy ondersoek gaan instel het, het sy afgekom op twee honde wat ondervoed en onversorg was.
Volgens Ronél van der Merwe , voorsitter van EARS, het sy ’n oproep van bekommerde bure rakende die welstand van twee honde by ’n woning in Pres. Steynstraat gekry.
Toe sy ondersoek gaan instel het, het sy afgekom op twee honde wat ondervoed en onversorg was.
Ronél het telkemale na die huis teruggekeer om die honde deur die palissades te voer en elke keer ’n skriftelike waarskuwing aan die eienaar gerig oor die toestand van die honde.
Die eienaar het bloot Ronél se waarskuwings geïgnoreer en sy was verplig gedwing om die hulp van die Veediefstaleenheid in te roep.
Gewapen met ’n lasbrief, het Ronél en a.o. Carla Hartley van die Veediefstaleenheid die honde verlede Woensdag van die perseel verwyder en ook ’n skriftelike waarskuwing aan die huiseienaar gegee dat sy nie weer honde mag aanhou nie.
Sou sy dit verontagsaam, sal ’n klag van dieremishandeling teen haar gelê word.
Die eienaar het beweer dat ’n veearts die een hond in Desember ondersoek het en geen fout met die dier kon vind nie.
Volgens Ronél is die honde steeds in haar sorg waar een goed aansterk, maar die ander een nog in so ’n swak toestand is dat hy selfs sukkel om te eet.