EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Bekendes besoek Secunda

Sterk mans trek vragmotors by Secunda Skou.

SECUNDA – Bekende sangers gaan die dorp vanaf 7 tot 8 Maart tydens die Secunda Skou wat by Graceland Casino plaasvind, besoek.

Dit sluit in Manie Jackson, Armand Hofmeyr, Dewald Steyn, Ollie die Nar en Lianie May.

Secunda Skou beloof om vermaak vir oud en jonk aan te bied met ’n sterkmankompetisie waar die oud-Gladiator en sterkman Garth Collins gaan optree, ’n biertuin, mallemeules asook ’n babakompetisie en ’n Mej. Secunda Skou-kompetisie.

Toegang is R50 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R20 vir laerskoolkinders.

Vir meer inligting, skakel Gerrie by 076 339 2172 of Tanya by 076 192 4420.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button