BETHAL – Mnr. Jorrie en me. Nellie Jordaan woon op ’n plot en het ’n groentetuin waar hulle verskeie groente kweek.
Mnr. Jordaan se skoondogter het aan haar skoonpa ’n sakkie pampoenpitte gegee.
Hy het tuisgemaakte kompos, beenmeel, kunsmis en baie water gebruik toe hy hulle geplant het.
Mnr. Jordaan sê dat hy die pampoen ook elke dag gestreel het.
Die pampoen, wat 90 kg weeg, gaan opgesny en aan familie en vriende uitgedeel word.
Al was dit die egpaar paar se eerste pampoen, gaan hulle beslis aanhou om pampoene te kweek met die hoop dat daar nog groter pampoene gaan groei.
“Ek is baie gelukkig, want nou is daar ’n groter pampoen as ek,” het mnr. Jordaan gesê.



