LettersLocal newsNewsOpinion

Dankie vir die insette

Plotbewoners is dankbaar.

Soms spoor kritiek aan ten goede en soms is dit afbrekend.

So ondervind ons dit dan ook uit ons Bethallers se briewe in ons plaaslike koerant waar dit meestal gaan oor dienslewering of die gebrek daaraan.

Ons glo egter dat daar werklik soms ’n klop op die skouer nodig is, daarom dié skrywe.

Die krag het Donderdagnag om 9.30nm afgegaan.

By navraag is gesê dat dit blykbaar ’n kabelfout was en dat daar aandag aan gegee word.

Die krag is Saterdag om 3min na middernag aangeskakel.

Dit nadat die span Vrydagnag en Saterdagnag tot 1middernag gewerk het en dit ook in die reën.

Aan mnre. Godwin Shabalala en Sipho Khumalo en hul span, ’n groot dankie.

Jul toewyding word opreg waardeer en ons hoop dat dit sommige van die munisipale werkers sal aanspoor om ook beter dienslewering te verseker.

Dankie ook aan mnr. Hannes van Baalen.

Jorrie Jordaan, Bethal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button