Local newsNews

Kerk nooi almal na openingsdiens

Lewende Woord Kerk groei op Secunda.

SECUNDA – Die Lewende Woord Kerk Secunda-gemeente het op 16 Maart die openingsdiens van hul nuwe kerkgebou in Clarestraat gehou.

Die herderspaar, past. Pieter en me. Rhoda Smith, is al sedert 1975 in die bediening en het as assistente op Klerksdorp begin.

Hulle is ses maande later na Zeerust toe waar hulle vir drie jaar gewoon het.

Die kerk moes vergroot word om al die nuwe bykomende mense te ontvang.

Die egpaar het egter in 1979 na Secunda verhuis en die A.G.S. Kerk Secunda-gemeente is in 1981 voltooi.

Hulle het in 1983 gevoel dat die Here hulle gelei het om ’n nuwe bediening te begin en die Lewende Woord Kerk Secunda-gemeente is in Januarie 1984 gestig.

“Ons het eers ’n staanplek op Trichardt gehuur en in ’n tent begin kerkhou met sewe lede,” het die woordvoerder van dié kerk, mnr. Martin Knoetze, gesê.

“Ons het later in ’n pakhuis dienste gehou en toe in ’n winkel in Trichardt se hoofstraat.

“Soos die gemeente gegroei het, het die behoefte na ’n eie perseel ook gegroei.”

Dié gemeente het in 1994 vier hektaar grond aan die buitewyke van Secunda gekry en op Plaas Trichardtsfontein kerk gehou en in 2005 die gebou in Clarestraat op Secunda gekoop.

“Ons het in 2011 begin om dié gebou te vergroot en modern te maak om meer mense te kan ontvang en ook om ’n plek vir ons jeugbyeenkomste te skep.”

Lewende Woord het vanaf 1994 ook kerke in verskeie ander gemeenskappe in Swaziland en op eMbalenhle, Kinross, Eklukwatini (naby Badplaas) en Kabokweni (naby Mbombela) gestig.

Lewende Woord Kerk Secunda-gemeente se eredienste is op Sondae om 9vm en 6nm en op Maandae het hulle Woordskool, op Dinsdae en Woensdae selgroepe, op Woensdae bidure by die kerk, op Donderdae musiekoefening en op Vrydae tienerbyeenkomste om 6nm.

Hul dienste word ook op die televisie op Kruiskyk uitgesaai op Sondae om 2.30nm.

Vir meer inligting, skakel die kerkkantoor by 017 631 3788.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button