EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Daniel praat oor slange by kongres

Slangkenner praat by fotoklub se kongres op Secunda.

SECUNDA – Dr. Leon Pelser was die wenner by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms Vrydag, 7 Maart met sy foto Big Wheel.

Hy het die voorgeskrewe onderwerpafdeling met dié foto gewen.

Die wenners in die ander afdelings is me. Chanique Nel onder die 1 ster fotograwe met haar foto Colour Art en me. Lize Hill onder die 5 ster fotograwe met haar foto Broken Sphynx in die veranderde realiteitsafdeling.

In die natuurvoëlsafdeling was mnr. Johan Coetzee die wenner onder die 5 ster fotograwe met sy foto Light Footed, mnr. Danie Smit was die wenner onder die 3 ster fotograwe met sy foto Naaldekoker Vangs en mnr. Encee van Huyssteen was die wenner onder die 2 ster fotograwe met sy foto Hornbill.

In die landskapafdeling was me. Hanneke Bestbier die wenner onder die 4 ster fotograwe met haar foto Stormsrivier en mnr. Hanno de Beer was die wenner onder die 3 ster fotograwe met sy foto Jakkals Trou met Wolf se Vrou.

Dr Pelser se foto Crab Spider was ook die beste in die natuurafdeling onder die 5 ster fotograwe en me. Ane Jordaan se foto Jagluiperd Staar was die beste in dieselfde afdeling onder die 3 ster fotograwe.

In die pikturale afdeling het dr. Pelser weereens die wenfoto onder die 5 ster fotograwe geneem met sy foto 91 terwyl mnr. Jeff Mostert die beste foto in dieselfde afdeling onder die 3 ster fotograwe geneem het met sy foto King of the Waves Team en mnr. Shalk Coetzee was die wenner onder die 2 ster fotograwe met sy foto Hou Jou Dop.

In die fotojoernalistieke afdeling was mnr. Pierre Jordaan die wenner onder die 5 ster fotograwe met sy foto Firstroad en mnr. De Beer was die wenner onder die 3 ster fotorgrawe met sy foto Hoogspring.

Die Hoëveld Fotografieklub bied vanaf 20 tot 23 Maart die Mpumalanga Streekkongres by Lake Umuzi aan.

Een van die sprekers is mnr. Daniel Louw wat in wildlewe belangstel en ’n red en hervestigingsdiens vir slange in Malelane waar hy woonagtig is, aanbied.

Hy gaan kongresgangers meer oor slange asook giftige slange vertel en hy skryf tans aan sy eerste boek oor slange.

Belangstellendes kan nog registreer en inskryf vir die kongres.

Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button