EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe neem brandweermanne af

Professionele fotograwe inspireer ander by kongres.

SECUNDA – Die Hoëveld Fotografieklub het die afgelope naweek die Noord-Oostelike Provinsie Streekkongres by Lake Umuzi aangebied.

Volgens een van die komiteelede van die fotoklub, mnr. Piet Potgieter, was die sprekers van hoogstaande gehalte en elke persoon wat die kongres bygewoon het, het dit terdeë geniet en leersaam gevind.

Van die onderwerpe waaroor sprekers gepraat het, sluit in sportfoto’s, landskapfoto’s, natuurfoto’s, makrofoto’s en ’n praatjie oor slange.

“Die fotograwe het Vrydagaand ’n seldsame geleentheid gehad om Sasol se brandweer in aksie af te neem,” het mnr. Potgieter gesê.

“Fotograwe het ook elke oggend en aand die geleentheid gehad om ons omgewing se kosmoslande te besoek en foto’s te neem.

“Sonder al die wonderlike borge sou die naweek nie moontlik gewees het nie en ons wil al ons borge bedank.”

Dié borge is Sasol, Lake Umuzi, Toyota, Minuteman, Bosveld Lapa, Dirk van den Heever Oogkundiges, dr. Leon Pelser, Botho Services, mnr. Lafras Steyn, mnre. Hannes Griessel snr. en jnr., mnr. James Hugo, Secunda Picture Framers, Fruit & Veg City, me. Martilie Weideman, Hesec, mnr. Christo Brecher, Gifts by Roz, Centex en PNA.

Die sprekers, mnre. Manus van Dyk, Barry Wilkens, Francois Roux, Daniel Louw en me. Jill Sneesby het hul kennis en vaardighede met die kongresgangers gedeel en elkeen wat die kongres bygewoon het, is verryk en geïnpireerd huistoe.

Ermelo Fotoklub het die beste in die natuurafdeling gevaar en die Midlens Fotoklub van Middelburg was tweede met met die Laeveld Fotoklub derde.

Ermelo het weer eens as die wenners in die ope-afdeling weggeloop met Pietersburg Fotoklub tweede en die Laeveld Fotoklub derde.

Kriel Fotklub het die eenkleurige foto-afdeling gewen met Ermelo tweede en Pietersburg derde.

Die voorgeskrewe onderwerp vir die kongres was “Industrie” en die Hoëveld Fotografieklub was die wenners van dié afdeling met Pietersburg tweede en Ermelo derde.

Ermelo was die algehele wenners met Pietersburg tweede en Hoëveld Fotografieklub derde.

Vir meer inligting oor die Hoëveld Fotografieklub, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button