SECUNDA – Deel jou aktiwiteit wat jy en jou gesin saam doen met ons.
Skryf in vir die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en Echo/Ridge Times se Gesinsdagkompetisie en stuur ’n geskrewe stuk van nie meer as 250 woorde asook ’n foto van jou gesin na jana@echoridge.co.za.
Die SAVF bied dié kompetisie aan in samewerking met die Echo en die Ridge Times as deel van hul vieringe vir Gesinsdag wat landwyd op 15 Mei plaasvind.
Die aktiwiteit waaroor die gesinne skryf, moet iets wees wat die gesin op ’n meer gereelde basis doen en nie net wanneer hulle met vakansie gaan nie.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 20 Mei.
Vir meer inligting, skakel die SAVF by 017 634 7719.



