Toneelstuk beloof om snaaks te wees
Kom geniet ’n aand saam met die Grotman.
SECUNDA – Hannes Muller en sy span bring die toneelstuk, Groet die Grotman, Vrydag, 25 April na die Basement Teater.
Kaartjies kos R600 per tafel van ses mense en die vertoning begin om 8nm vir 8.30nm.
’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en belangstellendes moet hul eie verversings saamneem of iets te ete geniet voor die vertoning by een van die restaurante by Lake Umuzi.
Koos Kombuis het die toneelstuk in Afrikaans vertaal en verwerk en Sandra Prinsloo het die regie hanteer, terwyl Muller die rol van die Grotman vertolk.
Frans Swart is die vervaardiger.
Volgens Prinsloo word dit op ’n komiese wyse uitgebeeld.
Dié eenmanstuk het die afgelope ses jaar meer as 900 uitverkoopte vertonings landwyd gehad en die oorspronklike skrywer was Rob Becker wat dit in Engels geskryf het met die naam Defending the Caveman.
Die toneelstuk gaan oor die verskille tussen mans en vroue en hoe daardie verskille veroorsaak dat dié twee geslagte mekaar misverstaan.
Kaartjies is by Secunda Rame beskikbaar of skakel 082 461 3821 of 079 499 8880 vir meer inligting.



