EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Von West kom Bethal toe

Von West gaan op Bethal optree.

BETHAL – Die N.G. Kerk Bethal-Oos bied op 22 Mei ’n dinee met die sanggroep Von West aan.

Von West bestaan uit Pieter West en Dewald von Solms.

West het die Suid-Afrikaners aan sy voete gehad met die sesde seisoen van Idols waartydens hy vyfde gekom het.

Hy is in die Vrystaat gebore en hy loop oor met talent.

Dewald von Solms, een van Suid-Afrika se top tenore, spog met optredes wêreldwyd vir oner andere Black Tie Ensemble, Cape Town Opera, Opera Africa, The Playhouse Company, Salon Musiek en die Tel Aviv Operahuis.

Hy het op die kruin van sy loopbaan besluit om die klassieke verhoog vir die wêreld van ligte musiek in Suid-Afrika te verruil.

Na hoofrolle in Rigoletto, La Traviata, La Boheme, Cavallierra Rusticana, Die Fledermaus, Tosca, Carmen, The Student Prince en Madam Butterfly het Von Solms besluit om eerder vir Suid-Afrikaners te sing en verkieslik in hul taal, eerder as ‘n operaloopbaan in Europa.

Die koste vir die dinee is R180 en sluit ’n ete en wyn in en die drag is semi-formeel.

Vir meer inligting, skakel me. Ingrid Human by 082 923 0211.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button