BETHAL – Twee diewe het Woensdagoggend, 14 Mei by Midnight, ’n vulstasie, drie lekker ruik middels gesteel.
“Hulle het in die winkel ingestap en rondgekyk en toe die drie houertjies Areon wat R40 elk kos, gesteel en uit die winkel geloop.”
’n Man het vir hulle geskree en toe agter hul hulle aangehardloop.
Al die petroljoggies en personeel van die vulstasie het hulle ook agterna gesit.
Twee van die petroljoggies, mnre. Xolani Mkhaliphi en Alex Chauke, het die mans by die vlei naby die N17-snelweg vasgekeer.
Verkeersbeamptes wat patrollie op die N17-snelweg gedoen het, het die voorval gesien en die polisie geskakel.
Mnr. André Pieterse, eienaar van die vulstasie, het die volgende mense vir hul hulp bedank: mnr. Pieter Smith van G-force Sekuriteit, Frans van Mooifontein Betonwerkers, die personeel, petroljoggies en kliënte van Midnight-vulstasie.
Die polisie het teen druktyd steeds nie kommentaar gelewer nie.



