CrimeLocal newsNews

Botsing in hoofstraat

Motoris verontagsaam glo twee stopstrate.

BETHAL – Passasiers van ’n Kia-trokkie beweer die bestuurder het Saterdagaand, 10 Mei twee stopstrate verontagsaam en ’n botsing met ’n motor in Moses Kotaniestraat veroorsaak.

Die plaaslike polisie het beaam die bestuurder van die Kia was die oorsaak van die botsing.

Mnr. Jacob Wasserman, bestuurder van die motor, wou by die vulstasie regs draai toe die Kia die motor aan die linkerkant getref het.

Mnr. Wasserman het kop- en lyfbeserings opgedoen en is in die Bethal Hospitaal opgeneem.

Die bestuurder van die trokkie het beserings opgedoen, maar die passasiers het ongedeerd daarvan afgekom.

Die trokkie en die motor is afgeskryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button