EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Lize neem wenfoto

Fotografieklub op Secunda nooi mense na byeenkoms.

SECUNDA – Me. Lize Hill het die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveldse Fotografieklub se vergadering wat onlangs gehou is, ingeskryf.

Haar foto We Belong was die beste en sy het ook ’n sertifikat van meriete vir dié foto gekry.

Sy het ook sertifikate van meriete vir haar foto’s Josh, Painting Flowers en Kwaai Rooikat gekry.

Mnr. Hanno de Beer het die beste foto onder die junior fotograwe geneem en dié afdeling met sy foto Monarch Vlinder 1, gewen.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto gekry.

Me. Hanneke Bestbier het die beste foto onder die senior fotograwe geneem en dié afdeling met haar foto Kitten in Roses, gewen.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto en haar foto Curious Kitten gekry.

Ander fotograwe wat ook sertifikate van meriete vir hul foto’s gekry het was me. Tharina van Schalkwyk met haar foto Kosmos, mnr. Johan Coetzee met sy foto Dans van die Flamink, mnr. Hannes Griesel met sy foto Pelikaan 1, me. Jana Oosthuizen met haar foto Kosmosse voor die Son, mnr. Pierre Jordaan met sy foto Uitsig op Amfiteater, dr. Leon Pelser met sy foto Orgidee en mnr. James Harris met sy foto Umhlanga.

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer Vrydag, 6 Junie om 6.30nm in Sasol Rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. Harris by 082 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button