EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Maak ’n rooi kring, dis skoutyd!

Feestyd is natuurlik ook kompetisietyd op die Hoëveld – met die gewilde Slagos- en Slaglamkompetisie, sowel as die jaarlikse mielieboerkompetisie.

Die jaarlikse Heymans Kole Standerton Hoëveldfeeskomitee is in rep en roer met voorbereidings vir hulle 108ste herdenking, wat afskop van 18 tot 20 September 2014.

Dié landboufees is een van Suid-Afrika se gewildste en grootste landboufeeste met groot aantrekkingskrag onder boerderyliefhebbers, gesinne en diegene op soek na ‘n groot partytjie!

Soos elke jaar, kan feesgangers groot uitbreidings op verskeie gebiede verwag.

Weer eens vind die Noord Gauteng Saalperd Unie se streekskou tydens dié fees plaas, wat ‘n groot geleentheid op die saalperdunie se jaarlikse almanak is.

Verskillende beesrasse word tydens die fees verteenwoordig soos Brahmane, Limousin, Sementallers, Simbras, Santas, Huggenote, Pinzgauers, Pinzyls, Braunvieh, Bonsmaras en Borans.

Skoubeoordeling van verskeie skaaprasse soos Vleismerino’s, Dormers en Ile de France vind ook plaas tydens die fees, sowel as skoubeoordeling van Boerbokke.

“Ons verwag groot uitbreidings op die pluimveegebied en voëlliefhebbers kan gerus kom inloer!”

Feestyd is natuurlik ook kompetisietyd op die Hoëveld – met die gewilde Slagos- en Slaglamkompetisie, sowel as die jaarlikse mielieboerkompetisie.

Sowaar ‘n fees vir enige boer!

Van ons land se grootste kunstenaars tree tydens die naweek van 18-20 September op, so spaar jou geldjies nou al, want daar gaan baie te koop wees – veral smullekker, eg Suid-Afrikaanse disse en hoe dan anders as eg, Suid-Afrikaanse boeresport vir vermaak?

Die fees sluit die Sondag met ‘n interkerklike diens op die feesterrein in die vermaaktent af.

“Ons kan nie wag om julle daar te sien nie!”

Related Articles

 
Back to top button