CrimeLocal newsNews

Raak betrokke by die GPF

GPF vergader en bespreek hoofprobleem op Bethal.

BETHAL – Die Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) het hul maandelikse vergadering op Woensdag, 28 Mei by die N.G. Kerk se Noordgemeente gehou.

Die probleem wat die meeste onder bespreking was, is dat die meeste huisbrake tussen 8vm en 1nm wanneer die meeste mense by die werk of skool is, geskied.

“Huisinbrake in die aand is nie meer so groot probleem soos wat dit was nie,” het mnr. Werner Herselman, lid van die sektorpolisiëring, gesê.

Lede van die sektorpolisie het mense gemaan om hul huise se deure en hekke te sluit sodat rowers nie net kan instap nie.

Die gemeenskap moet seker maak dat hul agtergrond het van die huiswerker wat by hul werk en seker maak dat hy of sy ’n kontaknommer van jou het in geval van nood.

Verder het lede van die sektorpolisie inwoners gemaan om bedag te wees op verdagte mense wat bedags rondloop en rondsit in woongebiede asook voertuie wat doelloos rondry of staan.

Die GPF het ook die Bethal Polisie bedank vir hul goeie diens.

Die GPF nooi die publiek om hul vergaderings by te woon en betrokke te raak.

Die GPF gaan op 20 Junie om 7nm huiswerkers inlig hoe om teen geweld op te tree. Dit vind plaas by ie N.G. Kerk se Noordgemeente in die kerksaal.

Die GPF-vergaderings vind elke laaste Donderdag van die maand plaas en die volgende vergadering vind op 26 Junie plaas.

Vir meer inligting, skakel mnr. Herselman by 073 619 3294.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button