ATKV bied vroue-aand aan
Kom geniet sop-aand en luister na Shaney se lewensverhaal.
SECUNDA – Die ATKV Kosmosrand Vrouetak bied Donderdag, 26 Junie ’n vrouefunksie aan.
Hulle gaan ’n sopaand hou en me. Shaney van Zyl gaan haar getuienis met vroue deel.
Volgens me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Kosmosrand Vrouetak, beplan hulle om verskillende soorte sop te maak en vir vroue te wys hoe om dit te maak.
“Dit is ideaal vir die winter,” het me. Van Wyk gesê.
Kaartjies kos R20 en die aand gaan by Otterjasie Kleuterskool gehou word.
“Dit gaan ’n verrykende aand wees en die spreker sal vir almal hoop gee as sy haar lewensverhaal deel.”
Me. Van Wyk en die ATKV pak vanjaar verskeie projekte aan.
Een daarvan is die Winterwarmprojek waar hulle soppakkies, komberse, serpe en warm klere vir behoeftiges insamel.
Sy het die gemeenskap uitgedaag om ’n verskil te maak en hul projek te ondersteun.
Mense kan materiaal inkopiesakke met onbederfbare kos in insamel.
Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.



