
BETHAL – Die Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) nooi die publiek om die inligtingsdag op 20 Junie om 12nm by die N.G. Kerk se Noordgemeente by te woon.
Die doel van die dag is om huiswerkers bewus te maak van huisbrake bedags en om hul op te lei.
“Ons gaan die huiswerkers inlig hoe om teen geweld op te tree,” het die lede gesê.
Volgens die GPF is dit belangrik dat huiswerkers in ’n geval van nood, sal weet wat om te doen.
Mense moet seker maak dat hulle volledige inligting het oor die huiswerker wat by hulle werk en hulle ’n kontaknommer gee in geval van nood.
Vir meer inligting, skakel mnr. Werner Herselman by 073 619 3294.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


