Sandra Prinsloo vermaak gaste by Basement Teater
Die Basement Teater bied op 25 Julie om 08nm Sandra Prinsloo in Oscar en die Pienk Tannie aan. Kaartjies is beperk.
SECUNDA – Die Basement Teater by Lake Umuzi Waterfront bied op 25 Julie om 8nm Sandra Prinsloo in Oscar en die Pienk Tannie aan.
Kaartjies is beperk en kan verkry word deur Elmarie by Secunda Ramers by 017 634 8312 te skakel. Kaartjies beloop R100 per persoon.
Die produksie het uitstekende verslae in die verlede gelewer en beloof om ‘n geleentheid te wees wat nie gemis moet word nie.
Oscar, ‘n tienjarige seuntjie wat sterwend aan kanker is, se briewe aan God is snaaks, vermaaklik, eerlik en sjarmant, asook hartseer sonder om morbied te wees.
Oscar en die Pienk Tannie is wêreldwyd bekend. Ná die sukses van dié toneelstuk het die skrywer daarvan, Eric-Emmanuel Schmitt, die verhaal tot ‘n novella en later ‘n rolprent verwerk.
Die toneelstuk en novella is in altesaam 37 tale vertaal.
Kansa Kosmos gaan ook van die geleentheid gebruik maak om hul Kansa Relay for Life bekend te stel.
Dit vind op 4 Oktober by Highveld Park High School plaas.
Dit is deel van ‘n internasionale beweging wat gemeenskapslede en kankeroorwinnaars by mekaar bring.
Dit bied vir jonk en oud ‘n geleentheid om deel van die stryd teen kanker te wees en om hul ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul ondersteuningsnetwerk te bied.
Bespreek vroegtydig kaartjies en wys ook so jou ondersteuning aan kankerleiers.



