EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Staan ‘n kans on Jan Blohm se nuwe CD te wen

Om dié CD te wen, sms RBLOM na 38587 voor of op 11 Julie. Die wenner sal in die Ridge Times van 18 Julie aangekondig word. ’n Sms kos R1-50.

SECUNDA – Is jy lief vir Afrikaanse musiek en is ’n Jan Blohm-aanhanger?
Dan moet jy beslis nie dié kompetisie misloop nie.
Staan ‘n kans om Jan Blohm se nuwe CD te wen.
Blohm het 10 jaar gelede begin om sy eie weg te baan.
Hy het in dié tyd digkuns, sang en kitaarspel saam gevleg om musiekskeppings met byna tasbare teksture te skep; tasbaar vir dié wat werklik deur tydlose musiek aangeraak word.
Tydloosheid is presies dit wat met Jan Blohm se nuutste album, Breyten se Brief, gevier word.
Breyten se Brief is ’n versameling van Jan se grootste treffers oor die afgelope dekade en bied met 19 sielvolle liedjies ’n verskeidenheid van musiekstyle wat strek van ballades tot ligte jazz en rock na blues.
Die liedjies sluit in “Breyten se Brief”, “Groen Trui”, “Maria leMagdelena”, “Sondaglover”, “Mossie Bruin” en ’n lewendige opname van “Ons Huisie” vanaf Lotus: Live DVD wat in 2011 opgeneem is.
Dié rockdigter het die deur na ’n hele ander Afrikaanse musiekwêreld in die vroeë 2000s oopgemaak en sedertdien letterlik duisende musiekliefhebbers gewen.
Oor die jare heen het hy vyf merkwaardige studio-albums opgelewer, naamlik Melkstraat Confessions,’n Stille Runaway, Groen Trui en Ruby.
Hy het met digters, liedjieskrywers en musikante soos Christoph Kotze, Henre Masser en Jon Buckley saamgespan, wat ook hul bydraes gelewer het.
Hy het vanaf 2005 tot 2011 12 gesogte musiektoekennings ingepalm, waaronder Geraas Musiek-, Huisgenoot Tempo-, Rapport Vonk Afrikaanse Musiek- en SAMA-toekennings.
Die toekennings en lof wat hy al vir sy werk ontvang het, sal hom egter nooit verhewe bo ander laat voel nie; sy voete bly op die grond.
“Ek is nie ’n celebrity nie. Ek is niks meer as enigiemand anders daar buite nie.
“Daar is mense wat met hul hande werk wat mooi goed uit hout maak, ander maak motors reg of verf huise. “Dit is self ’n kuns. Ek kan dit nie doen nie. Dit is hul ambag.
“My ambag is om met woorde en musiek te werk. Ek is ’n skrynwerker met woorde en musiek.
“Dit maak my nie beter as ander mense nie. As mense van my werk hou, is ek bly.”
Vir diegene wat elkeen van Jan se liedjies van begin tot einde ken, is dié album ’n klankgeskenk en ’n aandenking van ’n 10-jaar lange, onvergeetlike musiekreis.
Vir dié wat egter nog nie bekend is met Jan se musiek nie, dien die album as ’n aangename ontmoeting met ’n ikoon en ’n kunswerk wat nie anders kan as om ’n mens te laat nadink nie. Om dié CD te wen, sms RBLOM na 38587 voor of op 11 Julie.
Die wenner sal in die Ridge Times van 18 Julie aangekondig word.
’n Sms kos R1-50.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button