CrimeLocal newsNews

Mans gooi klippe na voertuie

Pasop vir mans wat motors met klippe gooi op die N17-snelweg.

TRICHARDT – ’n Motoris se voertuig is Vrydagaand, 1 Julie beskadig toe drie jong mans dit met klippe gegooi het vanaf ’n brug oor die N17-snelweg.

“Ek wil mense waarsku teen dié drie mans,” het die motoris gesê.

Hy en sy vrou was omstreeks 9nm vanaf Trichardt na Bethal op pad en het van die snelweg afgetrek nadat hul voertuig met klippe gegooi is.

Hy het uitgeklim en gesien hoe drie jong mans bo-op die brug staan en hulle dophou.

“Ek was kwaad en het teen die wal van die brug na hulle toe gehaldloop, maar hulle het in ’n Golf geklim en weggejaag,” het hy gesê.

Die man het inwoners gewaarsku om versigtig te wees as hulle onderdeur brûe ry.

Hy het die voorval by die Trichard Polisie aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button