CrimeLocal newsNews

Man sterf in Secunda-ongeluk

Bestuurder van voertuig hardloop glo weg na ongeluk.

SECUNDA – Een man is dood en ’n vrou is in ’n koma in ’n hospitaal in Johannesburg nadat sy hoofbeserings opgedoen het in ’n ongeluk Dinsdag, 29 Julie op die hoek van PDP Kruger- en Danie Theronstraat.

Na wat verneem word was die vrou en twee mans in die motor wat met ’n ander motor met net een insittende in, gebots het.

Die vrou is blykbaar uit die motor geslinger en haar vriend moes uit die motor gesny word en is toe langs die motor deur ambulanspersoneel behandel.

Hy is later in die Mediclinic Highveld dood.

Die polisie het later glo uitgevind dat die bestuurder van die motor waarin die oorledene en die vrou gereis het, van die ongelukstoneel weggehardloop het.

Die bestuurder van die ander motor het geen ernstige beserings opgedoen nie.

Geen verdere inligting was bekend nie.

Druk op die skakel om die fotos te kyk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button