Editor's choiceLocal newsNews

Motorfietsryers staan saam om geld in te samel

Gesin het nie geld om Lizelle en Jordan te begrawe nie, maar Secunda-inwoners maak beursies oop.

SECUNDA – Plaaslike motorfietsklubs staan saam om die Matthee-gesin wat Maandag, 28 Julie in ’n ongeluk betrokke was, te help om geld in te samel.

Die ma, me. Lizelle Matthee (22) en haar driejarige dogtertjie, Jordan, is in die ongeluk dood en die pa, mnr. Niel Matthee (29), is in die hoësorgeendheid van die Medicinic Highveld nadat hy Dinsdag, 29 Julie ’n operasie ondergaan het.

Hy het vyf ribbebene in die ongeluk gebreek en sy een nier en diafragma seergemaak.

Die gesin het nie geld vir ’n begrafnis nie en mnr. Matthee het nie ’n begrafnispolis nie.

DJ Tjorrels  gaan Vrydag, 1 Augustus om 6.30nm gratis musiek maak by Our Place op Trichardt om die gesin te help om geld in te samel.

Toegang is R20 en enigiemand wat ’n donasie wil maak, is welkom.

DJ Tjorrels het mense genooi om die aand saam met hulle te gaan geniet en te dans.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button