CrimeLocal newsNewsUpdate

Secunda-inwoners staan weer saam

Lizelle en Jordan se begrafnis vind dinsdag plaas.

Donderdag – 31 Julie

SECUNDA – Oproepe en boodskappe van mense wat wil help om me. Lizelle Matthee (22) en haar driejarige dogtertjie, Jordan, te begrawe, stroom steeds in.

Avbob hanteer die begrafnis en plaaslike motorfietsryers en die publiek het gehelp om geld in te samel omdat me. Matthee se man, Niel, nie ’n begrafnispolis het nie.

Motorfietsryers bied steeds op 1 Augustus  ’n byeenkoms by Our Place aan om geld in te samel en DJ Tjorrels gaan vir die musiek sorg.

Toegang is R20 en dit begin om 6.30nm.

DJ Tjorrels het mense genooi om die aand saam met hulle te gaan geniet.

Die Matthee-gesin was Maandag, 28 Julie in ’n ongeluk by die T-aansluiting buite Evander naby Walkerpark Gholfklub betrokke.

Mnr. Matthee (29) het op 29 Julie ’n operasie op sy diafragma en een nier wat in die ongeluk seergekry is, ondergaan.

Die egpaar se seuntjie, Wesley (1), het sy been op twee plekke gebreek.

Hyen is reeds uit die hospitaal ontslaan en is tans in sy grootouers se sorg.

Me. Matthee en Jordan se begrafnis vind Dinsdag, 5 Augustus om 12nm vanuit die Ou Apostoliese Kerk op Secunda plaas.

Vrydag – 1 Augustus

Pastoor Ansie Koekemoer van die Roepersfonteingemeente Secunda het vanoggend by die ongelukstoneel gebid.

Die drie vroue hoop dat hul gebed ‘n verskil in die toenemende ongeluksyfers sal maak.

Terwyl die drie vroue langs die pad gestaan en bid het, het die man by hulle gestop en gevra of hy saam hulle kan bid.

P1090400 (Copy)

 

Maandag – 4 Augustus

Motorfietsryers bedank skenkers

Ons wil graag dankie sê aan almal wat ’n bydrae gelewer het om geld in te samel Vrydagaand toe ons as motorfietsryers ’n dans gereël het.

Dankie in besonder aan Jon Jon en Juanita van Our Place wat die plek gratis beskikbaar gestel het en ’n skenking gemaak het.

Dankie an Fusion MCC vir jul skenking en ook aan die Rats, die Kwaggas, die Midnight Sting-klub, die Black Fangs, die Gypsy Jokers, die Adlers, die Parrot Riders, die Knights, die Bulls Bar en die Freeflow Riders.

Dankie ook aan Gavin en Jennifer Strydom en Erna en Cois Claassens van Vereeniging vir julle skenkings en aan elkeen wat ’n bydrae gelewer het en die manier waarop julle jul harte oopgemaak het.

Marlize Strydom, Secunda.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button