
BETHAL – Die vrou wat na bewering deur haar man en ses ander mans op 3 Februarie verkrag is, is glo ‘n week gelede weer verkrag.
Die vermeende verkragter is glo een van die onbekende mans wat haar vroeër vanjaar na bewering verkrag het.
Na wat verneem word, het dié man onlangs op Bethal voor haar voertuig ingespring, haar uit haar voertuig gepluk en haar na mielielande ontvoer waar die verkragting na bewering plaasgevind het.
Volgens die landdros, me. Marlene de Villiers, is die slagoffer se man onlangs op borgtog vrygelaat en nog geen van die ses mans is gevind of in hegtinis geneem nie.
Een van die borgvoorwaardes is dat haar man nie op Bethal mag wees nie en geen kontak met haar mag maak nie.
Die vrou het die saak Woensdag by die polisie op Potchefstroom aangemeld.
Die beskuldige verskyn weer in die streekshof op Bethal op 27Augustus.



