SECUNDA – Lede van die Sasol Ritmiese Gimnastiekklub het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Ritmiese Gimnastiekkampioenskappe in Johannesburg deelgeneem en presteer.
Kayla Hurter het sesde in die vrye dansafdeling geëindig en 10de algeheel, Elne Visser was vyfde in die lintafdeling, vierde in die klubafdeling en sesde in Suid-Afrika en Anchal Chathury was vyfde in die klubafdeling en Sheree Visser vierde in die lintafdeling.
Hulle het ook onlangs aan die Mpumalanga Artistiese Gimnastiekkampioenskappe in Nelspruit deelgeneem en hul Mpumalanga-kleure verwerf.
Dié lede is Allison Kruger wat derde in die vloer-, brug- en spronge-afdelings geëindig het en tweede in die balkafdeling.
Sy het algeheel derde geëindig.
Elizna Coetzee was tweede in die balkafdeling en algeheel vierde en Taryn September het tweede in die vloerafdeling geëindig en vierde algeheel.
Kruger, Coetzee, September, Quinzell Bishoff, Carla Krugel en Anina Slabbert het hul Mpumalanga-kleure vir artistiese gimnastiek verwerf.
Vir meer inligting oor Sasol Ritmiese Gimnastiekklub, skakel me. Esmerelda Kozma by 082 337 5312.



