
BETHAL – Die plaaslike polisie het gesê die meeste huisbrake vind deeasdae tussen 8vm en 1nm plaas wanneer meeste mense by die werk of skool is.
Huisinbrake vind wel nogs snags plaas.
Diefstalle vanuit voertuie in die sentrale sakekern kom steeds voor en die polisie het inwoners gemaan om waardevolle items soos selfone en skootrekenaars weg te bêre.
Inwoners moet bedag wees op verdagte mense wat bedags rondloop en -sit in woongebiede, asook voertuie wat doelloos rondry of staan.
Meld enige verdagte mense of gebeurtenisse by die polisie aan.
Vir meer inligting of om misdaad aan te meld, skakel die polisie by 017 647 9927.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!


