EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Danie Botha kuier op Bethal

Botha tree by die N.G. Kerk Moedergemeente op tydens die Christenfees.

BETHAL – Danie Botha tree Saterdag, 13 September omstreeks 6nm by die N.G. Kerk Moerdergemeente op as deel van die Christenfees.

Kaartjies is by die AGS Kerk en die AC Kerk Vorentoe beskikbaar.

Vir meer inligting of om kaartjies te koop, skakel mnr. Alex Oosthuizen by 079 499 7231.

Danie se sangtalent is deur ’n gr. 1-onderwyser raakgesien en vandat hy kan onthou, was dit sy lewensdroom om ‘n sanger te word.

Hy toer tans deur Suid-Afrika en het in dié tyd vier sekulêre albums, 18 geestelike albums, sewe duet-CDs en vier dvds vrygestel.

Danie beskou sy sangloopbaan as ’n groot voorreg en is dankbaar dat die land hom die geleentheid gee om dit met hulle te deel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button