Duis:lig tree by Hoogenhout op
Groep by Christenfees op Bethal te sien.
BETHAL – Duis:lig tree Donderdag, 11 September omstreeks 6nm by Hoërskool Hoogenhout op as deel van die jaarlikse Christenfees.
’n Nuwe geestelike golf het die Afrikaanse kerk getref en elke herlewing het ’n klankbaan van sy eie.
Elke generasie moet sy eie stem vind wanneer God die duisternis in hulle met sy helder lig kom nuutmaak.
Duislig is ’n vuurwarm Afrikaanselofprysing en aanbiddinggroep wat vanaf 2012 groot skares jongmense na hul optredes lok.
“God het ons uit die koninkryk van duisternis weggeruk en ons in Sy Koninkryk van lig en liefde geplaas deur Sy Seun Jesus Christus se volmaakte werk aan die kruis.”
Dit is die woorde wat hulle geïnspireer het om die groep Duis:lig te noem.
Hul missie is relevante lofprysing en aanbidding vir die Afrikaner tussen 16 en 45 wat hul harte beweeg om nie net naby aan God te wees nie, maar om die lig en liefde wat hy in en oor ons stort, met ’n wêreld wat dit baie nodig het te deel.
Duis:lig bestaan uit KrissTel, Hennie Maritz, Andy Maritz, Johann Oelofsen, Gideon Botes, Johny Coetzee en Ryno Zeelie.
Hulle woon tans in Johannesburg en het reeds ’n Tempo-nominasie vir hul eerste album ontvang.
Die gemeenskap word genooi om saam met Duis:lig die aand te gaan geniet.
Die geld wat ingesamel word, gaan aan die behoeftiges by Hoogenhout.
Kaartjies is by Hoërskool Hoogenhout teen R50 vir volwassenes en R30 vir kinders beskikbaar.
Vir meer inligting, skakel er. Andre Lloyd by 082 894 3244.



