Local newsNews

Manne wat Glo tree op

Manne wat Glo stel nuwe CD bekend by Kruik-gemeente.

SECUNDA – Die sanggroep Manne wat Glo, wat uit Jan de Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Dewald Gouws bestaan, tree Woensdag, 27 Augustus om 6.30nm by die Kruik-gemeente op.

Toegang is gratis en die hele gesin is genooi om dié aand van lofprysing en aanbidding saam met Manne wat Glo te geniet.

Hul visie is om met nuwe liedere ’n verskil in die musiekbediening te maak.

Volgens me. Louie Fourie, organiseerder, het inwoners van die dorpe waar hulle al opgetree het, gesê: “Die eenheid en Geeskrag waarmee hulle sing en bedien, is regtig baie spesiaal.”

Dié aand sal die groep dan ook hul nuwe CD vrystel.

Me. Fourie het die aand as ’n musikale aand beskryf en gesê die CD is een van die beste gospel CDs tot dusver.

Vir meer inligting, skakel Kruik se kantoor by 017 634 7833.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button