Akrobate tree by kunstefees op
Dansers gaan by Kunstefees dans en dit beloof om ’n onvergeetlike funksie te wees.
SECUNDA – Die Lochali Akrobate Kunstefees vind vanaf 3 tot 7 Oktober by die Johannes Stegmann Teater plaas.
Volgens me. Lorraine de Vos, organiseerder, word daar ’n wye verskeidenheid danse op die planke gebring soos solo’s, karakterduette, trios, groepe en sang- en dansitems.
Die kunstefees is in 2013 op die been gebring en dit is vanjaar die fees se eerste verjaarsdag.
Dansers van vyf jaar en jonger gaan op 3 Oktober dans en dit beloof om baie pret te wees.
Groepe en karakters tree Saterdag, 4 Oktober op.
Me. De Vos is trots op die dansers wat vroeër vanjaar by die Heartveld Teater in Pretoria by die jaarlikse AFSA-beurs opgetree het.
Hulle is Belinda Delport, Dauna Boucher, Marli Kidson, Carla van der Berg, Bianca Henderson, Selma van der Merwe en Maretha Louwrens.
Me. De Vos nooi die publiek om die Lochali Kunstefees by te woon.
Vir meer inligting, skakel haar by 082 394 3006.



