EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Beoordelaar kies wenfoto’s by vergadering

Sluit by die Hoëveldse Fotografieklub aan en skryf jou beste foto’s in.

SECUNDA – Die Hoëveldse Fotografieklub het Vrydag, 5 September vergader en fotograwe het hul beste foto’s ingeskryf.

Dié klub vergader maandeliks en die wenners vir Augustus is dr. Leon Pelser wat die beste foto onder die senior fotograwe geneem het.

Sy foto, Coal Transport, was ook die beste in die fotojoernalistieke afdeling.

Mnr. Encee van Huyssteen se foto Hippo was die beste onder die junior fotograwe.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het in Augustus se maandelikse kompetisie ,is me. Sandra van Heerden met haar foto’s Water Lady HD en Magret River en mnr. James Harris met sy foto Dragon 003.

Dié fotograwe het sertifikate van meriete vir hul foto’s gekry.

Me. Van Heerden se foto, Magret River, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die wenners vir September is weer eens me. Van Heerden met die beste foto onder die senior fotograwe met haar foto Amphi en Jana Oosthuizen onder die junior fotograwe met haar foto Fire.

Dr. Pelser se foto Window Light was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer op 3 Oktober om 6.30nm in die Sasol Rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel die voorsitter, mnr. James Harris, by 082 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button