Ds Tienie en die blou oog
Vertoning laat jou skater van die lag.
EVANDER – Frank Opperman besoek die omgewing weer Saterdag, 20 September met sy opvoering Die Klaagliedere van Dominee Tienie Benade.
Dié vertoning word deur die N.G. Kerk Evander-gemeente by Laerskool Hoëveld aangebied en begin om 7nm.
Kaartjies kos R100 per persoon en dié vertoning beloof om almal te laat lag.
“Dit was tannie Bets van Wyk wat my so geslaan het,” het ds. Tienie Benade verduidelik nadat hy met ’n blou oog en pleister op sy voorkop by die diens opgedaag het om te preek.
Opperman speel die rol van die dominee van die moedergemeente aan die onderkant van Voortrekkerstraat wat voorheen 857 belydende lidmate gehad het en nou slegs 164 het.
Vir meer inligting of om jou kaartjie te bespreek, skakel mnr. Willie Weber by 081 428 8564.



