EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Potjiekoskompetisie was ’n dag van pret

Mnr. Grobbie Visagie is die algehele wenner van die potjiekoskompetisie.

BETHAL – Mnr. Grobbie Visagie is die algehele wenner van die potjiekoskompetisie wat deur Bethal Behoeftiges en Secunda Toyota op Saterdag, 27 September aangebied is.

Mnr. Visagie het ’n skaapskenkelpotjie gemaak.

Mnr. Attie Louw (wyk 21 DA-lid) is die naaswenner.

Mense het van vroeg af al hul potjies begin maak en daar was meer mense van Secunda as van Bethal by die dag betrokke.

Die dag is deur me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, en mnr. Harry Mostert van Secunda Toyota georganiseer.

Altesaam agt potjies is beoordeel.

Die potjies is deur die pastore van PPK Gateway beoordeel en die kerk het ook ’n tent vir die groep geleen.

Bethal Behoeftiges het deelnemers, ondersteuners en borge vir hul bydrae bedank.

“Baie dankie aan me. Ria Arrow, me. Candice Arrow en mnr. Walter Arrow vir al die hulp tydens die dag, het me. Viljoen gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button